Adverteer terwyl jy Investeer
As ‘n nie-winsgewende maatskappy maak Zwarrie Invest staat op befondsing en ons begroting vir infrastruktuur ontwikkeling en instandhouding is meestal beperk. Zwarrie Invest poog om deur middel van lenings, bemarkingsgeleenthede, kapitaalprojekte en vrywillige skenkings hierdie gaping te vul. Dit stel ons in staat om Zwarrie-land se fasiliteite te onderhou, infrastruktuur te bou en so ‘n wêreldklasfasiliteit in die Zwarrie gemeenskap te bly.
Zwarrie Invest bied aan besighede die geleentheid om hul produkte of dienste te adverteer op advertensieborde wat duidelik sigbaar en strategies geplaas word. Hierdie advertensiespasies trek aandag en bou handelsmerkbewustheid in hierdie spesifieke teikenmark. Ons advertensiebordspasie bied aan adverteerders die geleentheid om ‘n uitgebreide en lojale teikenmark daagliks te bereik en om hul produkte of dienste van mededingers te onderskei.
Opsie 1 Advertensiebordspasie op die muur by 58 Mopani Straat, Hennopspark (Zwarrie Invest eiendom oorkant die skool)
2,4m x 1,2m Chromadek advertensie bord
R10 000-00 per jaar
Opsie 2 Advertensiebordspasie op die muur by 58 Mopani Straat, Hennopspark (Zwarrie Invest eiendom oorkant die skool)
1m x 1m Chromadek advertensie bord
R5 000-00 per jaar
Opsie 3 Advertensiebordspasie op die Zwarrie sportvelde
2,0m x 1,0m Chromadek advertensie bord
R 5 000-00 per jaar
- Bemark direk aan ‘n lojale teikengroep
- Verwys jou teikengroep na sosiale platforms en bou handelsmerk kontinuïteit
- Bou handelsmerkbewustheid en groei jou besigheid
- Skep waarde rondom jou produk of diens deur deurentyd sigbaar te wees
Kontak ons vir meer besonderhede oor hoe om betrokke te raak by hierdie Zwarrie Invest inisiatief.