Welkom by Zwarrie Invest

Ons Investeer Vandag vir Môre

Hoekom Zwarrie Invest?

Zwarrie Invest dien, bou en groei in die Zwarrie Gemeenskap

Afrikaanse opvoedkundige instellings in Suid-Afrika het die ondersteuning van die gemeenskap nodig.  Hierdie ondersteuning verseker dat skole nie net skole is nie, maar instellings met ‘n ryk erfenis wat wêreldklas onderig en geleenthede vir persoonlike ontwikkeling en groei aan leerders bied.  Skoolgemeenskappe besef dat dit belangrik is om in skole te investeer om sodoende gehalte onderrig, kultuur en tradisies in die toekoms te verseker. 

Zwarrie Invest is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk wat homself ten doel stel om finansiële hulpbronne vanuit die gemeenskap effektief aan te wend ten bate van Hoërskool Zwartkop. Zwarrie Invest se visie is om as bondgenoot die belange van die skool se leerlinge, die onmiddelike omgewing en die omliggende Zwarrie gemeenskap te bevorder.

Die Zwarrie Invest span dien met woord en daad en hulle harte is ruim vir die kinders en die gemeenskap wat hulle dien.  Die span werk met toewyding nou saam met die verskillende rolspelers in Zwarrie-land en maak staat op die skool se Alumni, ouers, die gemeenskap en besighede se ondersteuning om ons doelwitte vir die skool te bereik. Zwarrie Invest se doelwitte is afgemeet – dien, groei en bou vir die Zwarrie-gemeenskap.


Gemeenskappe vind baat en trek voordeel as skole in hul omgewing volhoubaar groei en suksesvol is