Ons glo die nalatenskap van Hoërskool Zwartkop lê opgesluit in die beskerming, betrokkenheid en ruimhartigheid van die Zwarrie Gemeenskap
Elke projek wat Zwarrie Invest aanpak het ‘n duidelike doel: om ‘n positiewe en blywende impak in die Zwarrie gemeenskap te maak. Van ons Kleingroep Wiskunde inisiatief tot die Zwarrie Invest Sporthuis wat jong talent koester. Ons strewe is om werklike verandering te bewerkstellig.
As ‘n nie-winsgewende maatskappy maak Zwarrie Invest staat op befondsing omdat die begroting vir infrastruktuur ontwikkeling en instandhouding meestal beperk is. Zwarrie Invest poog om deur middel van lenings, bemarkingsgeleenthede, kapitaalprojekte en vrywillige skenkings hierdie gaping te vul. Dit stel ons in staat om Zwarrie-land se fasiliteite te onderhou, infrastruktuur te bou en so ‘n wêreldklasfasiliteit in die Zwarrie gemeenskap te bly.
Ons Zwarrie Investeerders
Raak betrokke waar jy jou inspirasie vind
Teruggee is nie net ‘n daad van vrygewigheid nie, maar ook ‘n manier om ‘n positiewe impak in die gemeenskap te maak. Elke donasie maak ‘n merkbare verskil en die impak van jou ondersteuning sal duidelik sigbaar wees. Oorweeg asseblief om ‘n bydrae te lewer en deel te wees van hierdie opwindende reis van dien, groei en bou!
- Maandelikse Skenkings
- Jaarlikse Skenkings
- Eenmalige Skenkings
- Adverteer by ons
- Professionele dienste aan te bied teen afslag tariewe
Ons het groot waardering vir elkeen wat ons visie deel en vir die insig, tyd en bydraes wat ons van die gemeenskap ontvang.
Zwarrie Invest NPA is vir Artikel 18A geregistreer
Maatskappye en/of individue wat aan Zwarrie Invest ‘n skenking maak sal die nodige Artikel 18A donasiesertifikaat ontvang wat aangewend kan word om moontlike belastingvoordele te kry
